diff --git a/18/24 b/18/24 index 26df81d..028e93d 100644 --- a/18/24 +++ b/18/24 @@ -5,4 +5,21 @@ Hulle stood die behoeftiges van die pad af; die ellendiges van die land kruip al Kyk, soos wilde esels in die woestyn trek hulle uit na hul werk, terwyl hulle soek na voedsel; die wildernis lewer brood vir hulle, vir die kinders. Op die veld maai hulle sy voer af, en in die wingerd van die goddelose hou hulle na-oes. Nakend bring hulle die nag deur, sonder klere, en hulle het geen bedekking teen die koue nie. -Van die stortbui van die brege vord hulle nat; en by die gebrek aan skuiling druk hulle teen die rotse vas. +Van die stortbui van die brege word hulle nat; en by die gebrek aan skuiling druk hulle teen die rotse vas. +Hulle ruk die weeskind van die bors af; en wat die arme aan het verpand hulle. +Nakend gaan hulle heen, sonder klere en terwyl hulle honger het, dra hulle gerwe aan. +Tussen die mure van dié mense pars hulle olie, trap die parskuipe terwyl hulle versmag van dors. +Uit die sand kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdhied daarvan nie.- +Sulkes behoort by die vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie. +Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief. +En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit 'n sluier voor sy gesig. +In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken die lig nie. +Wan tvir hulle saam is die stikdonker 'n môresond, want hulle ken die verskrikkinge van die stikdonker. +Hy is gou op die oppervlakte van die water; hulle stuk grond word vervloek in die land; hy begeef hom nie meer op pad na die wingerde nie. +Droogte, ook hitte, roof die sneeuwater weg - so die doderyk die wat gesondig het. +Die moederskoot vergeet hom; die wurm eet smaaklik aan hom; aan hom word nie meer gedink nie: so word dan die onreg gebreek soos 'n stuk hout- +hy wat die onvrugbare plunder wat nie baar nie en aan die weduwee geen weldaad bewys nie. +En Hy laat deur sy krag die magtiges lank lewe; hy staan weer op wat al van sy lewe nie seker was nie. +God gee hom veiligheid, en hy steun daarop; en sy oë is op hulle weë. +Hulle het hul verhef - 'n kort rukkie, dan is hulle daar nie meer nie; en hulle word gebuig; soos almal sterwe hulle; en soos die boonste van 'n aar word hulle afgesny. +En is dit nou nie so nie, wie sal my van 'n leun beskuldig en my rede tot niet maak?