ʼn Psalm van Dawid. Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verwik my my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy naam ontwil. Al gaan ek ook in ʼn dal van dood skaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my. U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teestanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.