In daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy disiepels het houger gehad en begin om are te pluk en te eet. Maar toe die Feriseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u disiepels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie. Maar Hy sê vir hulle: Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het nie-toe hy houger gehad het en die wat saam met hom was- hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat hom nie geoorloof was om te eet nie, en ook die wat saam met hom was nie, maar net die priesters alleen? Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie? En Ek sê vir julle: Een wat groter is as die tempel, is hier. Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie; want die Seun van die mens is Here όόk van die sabbat. En toe Hy daarvandaan weggegaan het, kom Hy in hulle sinagoge. En daar wat ʼn man met ʼn verdorde hand, en hulle het Hom gevra en gesê: Is die geoorloof om op die sabbat gesond te maak?-sodat hulle Hom sou kan aanklae. Maar Hy sê vir hulle: Watter mens van julle sel daar wees wat een skaap het, en as dit op die sabbat in ʼn sloot val, dit nie sal gryp en uithaal nie? Hoeveel meer is ʼn mens dan nie werd as ʼn skaap nie! So is die dan geoorloof om op die sebbat goed te doen. Toe sê Hy vir die man: Steek jon hand uit! En hy het dit uitgesteek; en dit is herstel, gesond soos die ander een. Daarop gaan die Fariseërs uit en hou saam raad teen Hom, sodat hulle Hom sou kan ombring. Toe Jesus die demerk, het Hy daarvandaan weggegaan, en groot menigtes het Hom gevolg, en Hy het hulle almal gesond gemaak; en hulle ʼn streng bevel gegee dat hulle Hom nie bekend moes maak nie, sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur Jesaja, die profeet: Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel ʼn welbehae het. Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal die nasies die nasies die reg aankondig. Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. ʼn Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en ʼn lamppit wat rook, sal Hy nie uitblat nie totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. En op sy Naam sal die heidene hoop. Toe het hulle ʼn duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien. En al die menigtes was verbaas en het geaê: Is hierdie man nie miskien die seun van Dawid nie? Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels uit nie anders as deur Beëlsedul, die owerste van die duiwels nie. Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan dly staan? En as Ek deur Beëlsebul die duiwels uitdryf, deur wie dryf julle seuns hulle uit? Daarom sal hulle julle regters wees. Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ʼn sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof. Hy wat nie met my is nie, is teen My; en hy wat nie met My bymekaarmaak nie, verstrooi. Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie.