En die gebied van die Kanaäniete was van Sidon af in die rigting van Gerar tot by Gasa, in die rigting van Sodom en Gomorra en Adma en Sebóim, tot by Lesa.
En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners verdeeld geraak; en die naam van sy broer was Joktan.
En Joktan was die vader van Almódad en Selef en Hasarmávet en Jerag
en Hadóram en Usal en Dikla,
en Obal en Abímael en Skeba,
en Ofir en Hawila en Jobab. Hulle almal was seuns van Joktan.
En hulle woonplek was van Mesa af in die rigting van Sefar, die berg van die Ooste.
Dit is die seuns van Sem volgens hulle geslagte, na hulle tale, in hulle lande, volgens hulle nasies.
Dit is die geslagte van die seuns van Noag volgens hulle afstamming, in hulle nasies; en uit hulle het die nasies op die aarde hulle verdeel ná die vloed.