En God het gedink aan Noag en aan al die wilde diere en al die vee wat saam met hom in die ark was; en God het ʼn wind oor die aarde laat waai, sodat die waters gesak het.
En die waters het aanhoudend afgeneem tot die tiende maand. In die tiende maand, op die eerste van die maand, het die toppe van die berge sigbaar geword.
Maar die duif het geen rusplek gevind vir die holte van sy voet nie en na hom teruggekeer in die ark; want die waters was oor die hele aarde. So het hy dan sy hand uitgesteek en hom gegryp en in die ark by hom gebring.
Daarna het hy weer sewe dae gewag. Toe stuur hy die duif weer uit die ark.
Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom teruggekeer nie.
In die seshonderd-en-eerste jaar, in die eerse maand, op die eerste van die maand, het die waters weggedroog van die aarde. En Noag het die deksel van die ark weggeneem en uitgekyk, en die aarde was droog-
in die twede maand, op die sewen-en-twintigste dag van die maand, was die aarde droog.
En God het met Noag gespreek en gesê:
Gaan uit die ark, jy en jou vrou en jou seuns en die vroue van jou seuns saam met jou.
Laat saam met jou uitgaan al die diere wat by jou is, van alle vlees: die voëls en die vee en al die diere wat op die aarde kruip, dat hulle kan wemel op die aarde en vrugbaar wees en vermeerder op die aarde.
Toe gaan Noag uit en sy seuns en sy vrou en die vroue van sy seuns saam met hom.
En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek om die mens ontwil nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.
Van nou af sal, al die dae van die aarde, saaityd en oestyd, koue en hitte, somer en winter, dag en nag, nie ophou nie.