Afrikaans-1933/1/36

35 lines
3.7 KiB
Plaintext
Raw Normal View History

2022-09-14 20:34:21 +00:00
En dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom.
Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die kliendogter van Síbeon, die Hewiet;
en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.
2022-09-15 20:21:21 +00:00
En Ada het vir Esau gebaar, Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel.
En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän.
Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy trekdiere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na ʼn land, wég van sy broer Jakob af;
want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.
En Esau het gaan woon in die gebergte Seϊr. Esau, dit is Edom.
Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seϊr.
Dit is die name van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Rehuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.
2022-09-22 11:10:23 +00:00
En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas.
En Timna was ʼn bywyf van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaar Ámalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau.
En die seuns van Réhuel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die kleindogter van Síbeon, die vrou van Esau - sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag.
Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas,
die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Ámalek. Dit is die stamhoofde van Élifas in die land Edom, dit is die seuns van Ada.
En dit is die seuns van Réhuel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van Réhuel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.
Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.
Dit is die seuns van Seϊr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana
en Dison en Eser en Disan. dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seϊr in die land Edom.
En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna.
En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat en Ebal, Sefo en Onam.
En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het.
En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana.
En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran.
En dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en Akan.
Dit is die seuns van Disan: Us en Aran.
Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana,
die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Hoeiete volgens hulle stamme in die land Seϊr.
En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar ʼn koning geregeer het oor die kinders van Israel:
Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába.
En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.
En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.