From 00add9b2d478d263edd7d398b7bbf396bd30ba4f Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Sep 2021 17:39:29 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 15 --- 18/15 | 35 +++++++++++++++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 35 insertions(+) create mode 100644 18/15 diff --git a/18/15 b/18/15 new file mode 100644 index 0000000..03b4ad9 --- /dev/null +++ b/18/15 @@ -0,0 +1,35 @@ +Toe het Élifas die Tamaniet, geantwoort en gesê: +Sal ʼn wyse man met winderige wetenskap antwoort gee en sy buik vul met oostewind - +deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie? +Ja, jý breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God. +Want jou ongeregtighied gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges. +Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja jou eie lippe getuig teen jou. +Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring? +Het jy in die raad van God afgeluiser en die wysheid na jou toe getrek? +Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie? +Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ouer in dae as jou vader. +Is die vertroostinge van God vir jou te min, en ʼn woord met sagtheid jou toegespreek? +Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so - +dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan? +Wat is die mens dat hy rein sou wees? En hy wat uit ʼn vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees? +Kyk, in sy heiliges stel hy geen vertroue nie; ja die hemele is nie rein in sy oë nie; +hoveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water! +Ek wil jou inlig, luster na my; en wat ek gesien het wil ek vertel; +wat die wyse manne verkondig sonder op iets te verberg, van hulle vaders af; +aan hulle alleen was die land gegee en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie. +Al sy dae lewe die goddelose in angs, ja al die jare deur wat vir die tiran bepaal is. +Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom. +Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard. +Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat hy gereed is, op hande, die dag van duisternis. +Benoudhied en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos ʼn koning wat klaar staan vir die aanval; +omdat hy sy han uitgesteek het na God en die Almagtige getrotseer het; +(hy het Hom stormgeloop met uitgerekte nek, met die dik bulte van sy skilde;) +omdat hy sy gesig met sy vet oordek en ʼn vetlaag op sy heupe gevorm het; +en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestemd was om puinhope te bly. +Hy word nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie. +Hy ondflug die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God. +Laat hom nie vertrou op nietigheid nie - hy kom bedroë uit! want nietigheid sal sy vergelding wees. +Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak is nie meer groen nie. +Hy laat sy groen druiwe onryp val soos ʼn wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos ʼn olyfboom. +Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery. +Hulle is swanger van moeite en baar onhiel; en hulle skoot bring bedrog tot stand.