diff --git a/19/8 b/19/8 new file mode 100644 index 0000000..b9aa4e6 --- /dev/null +++ b/19/8 @@ -0,0 +1,10 @@ +Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n psalm van Dawid. +o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gele het op die hemele. +Uit die mond van die kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontvil, om die vyhand en wraakgierige stil te maak. +As ek die hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het- +wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? +U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer ne heerlikheid gekroon. +U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gesit: +skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld; +die voëls van die hemel en die visse van die see - wat trek deur die paaie van die see. +o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!