diff --git a/18/23 b/18/23 new file mode 100644 index 0000000..d33e9fe --- /dev/null +++ b/18/23 @@ -0,0 +1,17 @@ +Maar Job het geantwoort en gesê: +Nog altyd is my geklaag wederstrewighied; my hand le swaar op my gesug. +Ag, as ek maar wis waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning! +Dan sou ek die regsaak voor Hom uiteensit en my mond met bewyse vul; +ek sou weet die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy vir my sou sê. +Sou hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hý sou ag op my gee. +Dan sou ek daar ʼn opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom. +Maar ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie. +As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek hom nie. +Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets dan sal ek soos goud tevoorskyn kom. +Aan sy voetstap het hy my voet vasgehou; sy wag het ek bewaar sonder om uit te draai. +Van die gebot van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die worde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wed. +Maar Hy bly Een - wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy. +Want Hy sal volbring wat oor my beslut is, en baie sulke dinge is daar by Hom. +Daarom is ek virskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, dan vrees ek vir Hom. +En God het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik. +Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerhied oordek is nie.