From 1f235f36a4a6101d8ad27f48207113cfe5f8e9ac Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Sep 2021 17:43:50 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 18 --- 18/18 | 21 +++++++++++++++++++++ 1 file changed, 21 insertions(+) create mode 100644 18/18 diff --git a/18/18 b/18/18 new file mode 100644 index 0000000..d778d73 --- /dev/null +++ b/18/18 @@ -0,0 +1,21 @@ +Toe het Bildad, die Suheit, geantwoort en gesê: +Hoelank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek. +Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë? +Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn - sal om jou ontwil die aarde verlate wees of ʼn rots uit sy plek versit word? +Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie. +Die lig in sy tet word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood. +Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver. +Want hy raak in ʼn net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van ʼn vangkuil. +ʼn Vangnet gryp sy haksteen, ʼn skrik hou hom vas. +ʼn Tou is vir hom gespan in die grond en ʼn valstrik vir hom op die pad. +Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom sover as hy gaan. +Sy onheil het honger, en die ondergang staan klaar vir sy val. +Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede. +Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aan stap na die koning van die verskrikking. +Daar woon in sy tent its wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning. +Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak. +Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie. +Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom. +Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie. +Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mens van die Ooste aan. +Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.