diff --git a/18/7 b/18/7 new file mode 100644 index 0000000..c2f0a91 --- /dev/null +++ b/18/7 @@ -0,0 +1,21 @@ +Het mens nie ʼn stryd op die aarde nie? Eh is sy dae nie soos die dae van ʼn dagloner nie? +Soos ʼn slaaf wat hyg na die skaduwee, en soos ʼn dagloner wat wag op sy werkloon, +so het ek erfgenaam geword van maande van teleurstelling en is nagte van moeite vir my bestem. +As ek gaan lê, dink ek: Wanneer sal ek opstaan? Maar die aand is lank, en ek word sat van al die omdraai tot die môreskemering toe. +My vlees is bekleed met wurms en stofklonte; my vel trek opmekaar en etter dan weer. +My dae is vinniger as ʼn wewerspoel en verdwyn sonder verwagting. +Bedink dat my lewe wind is; my oog sal die voorspoed nie weer sien nie. +Die oog van hom wat my sien, sal my nie meer aanskou nie. U oë is op my - en ek is nie daar nie! +Die wolk verdwyn en gaan heen - so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie. +Hy sal nie meer terugaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie. +So wil ék dan ook my mond nie hou nie, ek wil spreek in die benoudheid van my gees, ek wil kla in die bitterheid van my siel. +Is ek ʼn see, of ʼn groot seedier, dat U ʼn wag teen my opstel? +As ek sê: My bed sal my troos, my slaapplek sal my klagte help dra, +dan virskrik U my deur drome en ontstel my deur gesigte; +sodat ek die verwurging verkies, die dood meer as hierdie geraampte van my. +Ek verfoei my lewe. Nie veraltyd sal ek lewe nie: laat my met rus, want my dae is nietigheid. +Wat is die mens, dat U hom soo hoog stel en dat U op hom ag gee? +En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel? +Hoelank sal U nie van my af wegkyk nie, my nielaat staan nie, totdat ek my speeksel insluk? +As ek gesondig het, watdoen ek Ú aan, o Mensebewaker? Waarom het U my as mikpunt vir U opgestel, sodat ek myself tot ʼn las is? +En waarom vergeef U nie my oortreding en neem my ongeregtigheid nie weg nie? Want weldra sal ek in die stof lê; dan sal U my soek, maar ek sal daar nie wees nie.