Voeg by Job 31:1-22

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-10-27 12:50:46 +02:00 committed by Gitea
parent 76134ab1d3
commit 242b48d870
1 changed files with 22 additions and 0 deletions

22
18/31
View File

@ -0,0 +1,22 @@
Ek het 'n verbond gemaak met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op 'n jonkvrou?
Want tog is die lot van God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes? -
Is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?
Sien Hý nie my weë, en tel Hy nie al my voetstappe nie?
As ek met leuns omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:
laat Hy my dan weeg op 'n regte weegskaal, sodat God my vroomheid kan weet!
As my gang afgewyk het van die weg, en my hart agter my oë aangegaan het, en aan my hande 'n vlek kleef -
laat my dan saai en 'n ander een eet, en my uitspruitsels ontwortel word.
As my hart verlok was oor 'n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste -
laat dan my vrou vir 'n ander een maal en ander hulle oor haar buig.
Want dit is 'n skandelike daad, en dit is 'n strafbare misdaad.
Ja, dit is 'n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbringste sou ontwortel.
As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil gehad het met my -
wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen?
Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?
As ek die armes 'n versoek geweier het, en die oë van die weduwee laat versmag het;
en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;
(veelmeer het hy van my jeug af by my groot geword soos by 'n vader, en van my moeder se skoot af het ek haar gelei!)
as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;
as sy lende my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel vna my lammers nie;
as ek my hand teen 'n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het -
laat dan my skouer van die nek afval en my arm van die pyp afgebreek word.