diff --git a/18/22 b/18/22 new file mode 100644 index 0000000..7d7e8c8 --- /dev/null +++ b/18/22 @@ -0,0 +1,30 @@ +Toe het Élifas die Temaniet, geantwoord en gesê: +Kan ʼn man aan God ʼn diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige ʼn diens. +Het die Almagtige daar belang by dat Hy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat hy onberispelik wandel? +Is dit oor jou Godsvrees dat hy jou bestraf, dat Hy met jou in die gereg gaan? +Is jou boosheid nie groot nie groot en jou ongeregtighede sonder end nie? +Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek. +Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan hongerige het hy die brood onthou. +Maar aan die man van geweld - aan hom behoort die land; en die aansienlike - hy moet daarin woon! +Weduwees het jy met leë hande wegestuur, en die arms van die wese is verbrysel. +Daarom is daar vagnette rondom jou en maak die vrees jou skielik verskrik. +Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek? +Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan. +Maar jy sê: wat weet God? Kan hy deur donkerheid heen strafgerig hou? +Wolke is ʼn bedekkig vir hom sodat hy nie sien nie; en oor die hemel geweef vandel Hy. +Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het? +Wat gegryp is voor die tyd, wie wie se grondslag uitgegiet is soos ʼn stroom. +Wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aan doen? +En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gisindheid van die goddelose is ver van my!) +Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê: +Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer. +Maak tog vriende met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom. +Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart. +As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jt gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent. +En gooi die goud in die stof en tussen die rotse van die spruite van die goud van Ofir. +Dan sal die Almagtige jou goud stikke wees en stawe silwer vir jou. +Want dan sal jy jou in die Almagtige verlustig en jou aangesig tot God ophef. +Jy sal Hom bid, en Hy sal jou verhoor; eh jy sal jou geloftes betaal. +Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ʼn lig. +As jy die afdrand loop, dan se jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is verlos Hy. +Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja word gered deur die reinheid van jou hande.