diff --git a/19/30 b/19/30 new file mode 100644 index 0000000..0622d31 --- /dev/null +++ b/19/30 @@ -0,0 +1,13 @@ +ʼn Psalm, ʼn leid by die inwyding van die Huis. Van Dawid. +Ek sal U verhoog, HERE, want U het my gered en my vyande oor my nie laat bly wees nie. +HERE, my God, ek het U aangeroep om hulp, en U het my gesond gemaak. +HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewendig gemaak uit die wat in die kuil neerdaal. +Psalmsing die HERE, o sy gunsgenote, en loof sy heilige gedagtenis; +want ʼn oomblik is daar in sy toorn, ʼn lewe in sy goedgunstigheid; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig. +Ek het wel gesê in my sorgloosheid: Ek sal vir ewig nie wankel nie. +HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg - ek het versrkik geword! +Ek het U aangeroep, HERE, en ek het die Here gesmeek. +Watter voordeel is daar in my bloed as ek neerdaal in die kuil? Sal die stof U loof? sal dit u trou verkondig? +Hoor, HERE, en wees my genadig! HERE, wees my ʼn helper! +U het my weeklag vir my verander in ʼn koordans, U het my roukleed losgemaak en my met verugde omgord; +sodat my eer U kan psalmsing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.