From 2eeadc17a2f3e982ca554c3ee5810d6703c76c8a Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Thu, 11 Nov 2021 16:15:14 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 34:19-37 --- 18/34 | 19 +++++++++++++++++++ 1 file changed, 19 insertions(+) diff --git a/18/34 b/18/34 index f40e4e7..cbf8f48 100644 --- a/18/34 +++ b/18/34 @@ -16,3 +16,22 @@ dan so alle vlees tesame die asem uitblaas, en die mens sou tot stof terugkeer. As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde. Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel? Durf iemand vir 'n koning sê: Jou deugniet! vir die edeles: Jou goddelose! +Hoeveel minder vir Hom wat nie partydig is vir vorste en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande. +In 'n oomblik sterf hulle, en in die middle van die nag word 'n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf - nie deur 'n hand nie. - +Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe. +Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waar waar die werkers van ongeregtigheid hulle in kan wegsteek nie. +Want hy hoef nie lank op 'n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie. +Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek. +So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word. +Hy straf hulle as goddelose op die plek waar almal dit sien. +Want dáárom het hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee nie - +om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor. +En gee Hý rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? - of dit al 'n nasie betref of 'n mens, almal saam; +sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie. +Want sê iemand wel tot Gόd: Ek boet sonder dat ek sleg handel, +wat ek nie sien nie, leer U my dit; ás ek onreg gedoen het, en sal dit nie meer doen nie? - +Moet Hy volgens u welgevalle vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet - spreek dit uit! +Manne van verstand sal vir my se, en 'n wyse man wat my aanhoor: +Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand. +Ag, mag Job getoets word tot die end toe weens die antwoorde in die trant van kwaddoeners. +Want hy voeg oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.