From 3170e40f057e1a7f696aec886f67fcdfdfcaaee9 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Sep 2021 17:45:37 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 20 --- 18/20 | 29 +++++++++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 29 insertions(+) create mode 100644 18/20 diff --git a/18/20 b/18/20 new file mode 100644 index 0000000..4ab042f --- /dev/null +++ b/18/20 @@ -0,0 +1,29 @@ +Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoort en gesê: +Daarom juis aanwoord my gedagtes my, en wel weens my haastighied in my. +ʼn Bestraffing wat vir my griewend is, moet ek aanhoor; maar die gees uit my verstand antwoord my. +Weet jy dit wel wat van altyd af was, vandat die mens op die aarde gemaak is: +dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir ʼn oomblik? +Al klim sy hoogheid na die hemel toe op, en al raak sy hoof aan die wolke - +soos sy eie drek vergaan hy vir ewig; die wat hom gesien het, vra: Waar is hy? +Soos ʼn droom vleig hy weg, sodat ʼn mens hom nie meer vind nie; en hy woord verjaag soos ʼn naggesig. +Die oog wat hom gesien het sien, hom nie meer nie; en sy plek aanskou hom nie meer nie. +Sy kinders moet die guns soek van armes, en met eie hande moet hy sy vermoë teruggee. +Sy gebeente was vol van sy jeugdige krag; maar met hom saam le dit in die stof. +Al smaak die kwaad soet ni sy mond, al verberg hy dit onder sy tong, +al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laatvaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte - +tog word sy voedsel in sy ingewande verander, gal van adders in sy binneste. +Rykdom het hy verslind, maar hy moet dit weer uitspuug; uit sy buik dryf God dit weg. +Die gif van adders suig hy in, die tong van ʼn slang maak hom dood. +H y mag hom nie verlustig in strome - riviere, stroompies van heuning en dikmelk nie. +Wat hy deur arbeid verkry het, gee hy terug sonder om dit in te sluk; na die maat van sy ingeruilde rykdom sal hy nie bly wees nie. +Want hy het die armes verdruk, aan hulle lot oorgelaat; ʼn huis het hy geroof, maar sal dit nie ophou nie. +Want hy het geen rus geken in sy binneste nie; so sal hy dan nie ontsnap met sy kosbare goed nie. +Niks het ontkom aan sy vraatsug nie; daarom is sy voorspoed nie duursaam nie. +By die volhied van sy oorfloed sal hy benoud wees: al die hande van die ellendiges oorval hom. +Om sy buik te vul, sal Hy teen hom uitstuur sy toorngloed en sal dit op hom laat reën sa sy voedsel. +Hy sal vlug vir die ysterwapens - ʼn koperboog sal hom deurboor. +Hy trek - daar kom dit uit sy rug, en die glinsterende swaar gaan uit sy gal; verskrikkenge is op hom! +Pure duisternis is bewaar vir sy skatte; ʼn vuur wat nie deur mens aangeblaas is nie, verteer hom; dit wei af wat in sy tent oorbly. +Die hemel oopenbaar sy ongeregtighied, en die aarde staan teen hom op. +Weggevoer word die opbrings van sy huis - goed wat wegspoel op die dag van sy toorn. +Dit is die deel van die goddelose mens van die kant van God en die erfdeel wat vir hom bestemd is deur God.