diff --git a/19/5 b/19/5 new file mode 100644 index 0000000..317151f --- /dev/null +++ b/19/5 @@ -0,0 +1,13 @@ +Vir die musiekleier; met fluite. 'n Psalm van Dawid. +o HERE, luister na my woorde, let op my versugting. +Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek. +In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sla ek dit aan U voorlê en afwag. +Want U is nie 'n God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoenersal by U nie vertoef nie. +Die onsinniges sal voor u oë nie stand hou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid. +U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE 'n afsku. +Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan my buig na u heilige paleis, in u vrees. +HERE, lei my in u geregtigheid om my vyhande ontwil; maak u weg voor my reg. +Want in hulle mond is niks vertroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is 'n oop graf; hulle maak hul tog glad. +Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstewig teen U. +Maar laat hulle almal bly wees wat by U skuil; laat húlle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat U juig die wat u Naam liefhet. +Want Ú seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met 'n skild.