diff --git a/18/10 b/18/10 new file mode 100644 index 0000000..eee9b7c --- /dev/null +++ b/18/10 @@ -0,0 +1,22 @@ +Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel. +Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis. +Is dit veroordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp terwyl U oor die planne van die goddelose ig laat skyn? +Het U vleeslike oë? Of sien U sooos ʼn mens sien? +Is u dae soos die dae van ʼn mens? Of u yare soos die dae van ʼn man? +dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde; +ofskoon U weet datek nie skuldig is nie en daar niemand is vat uit u hand kan red nie? +U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en wil U my vernietig? +Bedink tog dat U my soos klie gevorm het, en wil U my tot stok laat terugkeer? +Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie? +Met vel en vlees het U my beklee, en met bene en senings het U my deurvleg. +Die lewe - ja guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak. +Maar daarby het U dit verberg in u hart, ek weet dat dit u toeleg was: +As ek so sondig, dan sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie. +Was ek skuldig - wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kan ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende. +En as my hoof hom ophef, sou U myjaag soos ʼn leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra. +U sou altyd nuwe getuie teen my bring en grimmigheid teen my vermeerder - altyd nuwe leërafdelings teen my! +Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat ʼn oog my gesien het. +Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het. +Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek ʼn bietjie vrolik kan wees; +vordat ek heengaan - en nie terugkom nie - na die land van duisternis en doodskaguwee, +ʼn land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee ʼn skynsel - soos middernag!