diff --git a/18/2 b/18/2 new file mode 100644 index 0000000..277e0cd --- /dev/null +++ b/18/2 @@ -0,0 +1,13 @@ +En op ʼn dag toe die seuns van God kom om hulle voor die Here te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die Here te stel. +Toe vra die Here vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die Here en sê: Van ʼn swerftog oor die aarde wat ek deurkruis het. +En die Here vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? want daar is niemand op aarde soos hy nie: ʼn man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid alhoewel jy my teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak. +Toe antwoord die Satan die Here en sê: Huid vir Huid, en en alles vat iemand het, sal hy gee vir sy lewe; +maar strek net u hand uit en tas sy gebeente en vlees aan - waarlik, hy sal U in u aangesig seën! +En die Here sê vir die Satan: Kyk alles wat hy is in jou hand; spaar net sy lewe. +En die satan het wegegaam van die aangesig Here, en hy het Job met bose swere, van sy voetsool tot sy skedel. +En hy het vir hom ʼn potskerf geneem om hom daarmee te krap terwyl hy in die as sit. +Toe sê sy vrou vir hom: Volhard jy nog in jou vroomhied? Seën God, en sterf! +Maar hy aantvoord haar: Jy praat soos ʼn dwaas! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie. +En toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak bymekaargekom om hom hul deelnemimg te betuig en hom te troos. +En toe hulle op ʼn afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe. +En hulle het by hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank, sonder dat iemand ʼn woord met hom gepraat het; want hulle het gesien dat die smart baie groot was.