Voeg by Job 40:1-28

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-11-24 17:20:43 +02:00 committed by Gitea
parent 6ccd1a0b4d
commit 411412fe25
1 changed files with 28 additions and 0 deletions

28
18/40
View File

@ -0,0 +1,28 @@
En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
Gord tog jou heupe as 'n man; Ek sal jou onderva en onderrig jy My.
Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?
Het jy dan 'n arm soos God of kan jy donder met die stem soos Hy?
Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!
Giet jou troon in stroome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.
Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.
Begrawe hulle almalsaam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.
Dan sal ek jou ook loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.
Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.
Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.
Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.
Hy is die eersteling in die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
Want die berge lewe vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
Onder is lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riet en moeras.
Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.
As die rivier swel - hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.
Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met harpoene sy neus deurboor?
Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?
Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?
Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?
Sal hy 'n verbond met jou maak, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?
Sal jy met hom soos 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?
Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?
Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissers-harpoen sy kop?
Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.
Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?