Voeg by Job 28:1-19

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-10-14 12:34:17 +02:00 committed by Gitea
parent 98e687b322
commit 43ec25ede8
1 changed files with 19 additions and 0 deletions

19
18/28
View File

@ -0,0 +1,19 @@
Want vir die silwer is daar 'n plek waar dit uitkom, en 'n plek vir die goud wat hulle uitwas.
Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.
'n End maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.
Hy breek 'n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.
Die aarde - daar kom brood uit voort, maar daaronder word daar omgewoel soos deur vuur.
Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.
'n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;
waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.
Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.
In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.
Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.
Maar die wysheid - waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?
Die mens weet sy waarde nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.
Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.
Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.
Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook die kosbare onikssteen en saffier nie.
Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil 'n mens dit nie.
Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.
Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.