diff --git a/18/17 b/18/17 new file mode 100644 index 0000000..6cb07b4 --- /dev/null +++ b/18/17 @@ -0,0 +1,16 @@ +My gees is verward, my dae is uitgeblus, die graf wag vir my. +Waarlik bespottinge is my deel, en op hulle gewis moet my oog rus. +Gee tog ʼn pand, staan borg vir my by U; wie anders sal my die handslag gee? +Want U het húlle hard geslut vir verstand daarom sal U hulle nie laat triomfeer nie. +Hy wat vriende aanklaag vir ʼn buitaandeel - die oë van sy kinders sal versmag. +Maar Hy het my ʼn spreekwoord vir die mense gemaak, en ek het een geword wat hulle in die gesig spuug. +Daarom het my oog dof geword van verdriet, en al my lede is soos ʼn skaduwee. +Die opregtes is daaroor ontsteld, en die onskuldige kom teen die goddelose in opstand. +Nogtans hou die regverdige vas aan sy weg, en die wat rein van hande is, neem toe in krag. +Maar, kom maar altyd weer aan, julle almal! ʼn Wyse vind ek onder julle tog nie. +My dae is verby, my planne tot niet, die wense van my hart. +Van die nag maak hulle ʼn dag; lig, sê hulle, is naby vanweë die duisernis. +As ek hoop, is die doderyk my huis; in die duisternis sprei ek my bed uit. +Die grafkuil roep ek toe: My vader is jy; die wurms: My moeder en suster. +En waar is dan die verwagting, ja my verwagting, wie ondek dit? +Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, waneer daar tegelykertyd rus is in die stof.