From 5837b61e90aba657d9b063a48e649f07b627cb78 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Thu, 7 Oct 2021 12:42:25 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 27:1-23 --- 18/27 | 23 +++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 23 insertions(+) diff --git a/18/27 b/18/27 index e69de29..66f906e 100644 --- a/18/27 +++ b/18/27 @@ -0,0 +1,23 @@ +En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê: +So waar as God leef wat my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het - +want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus - +my lippe spreek geen onreg, en my tong verkondig geen bedrog nie! +Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my vroomheid nie prysgee nie. +Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart versmaad geeneen van my dae nie. +My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener. +Wand wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny - as God sy siel uittrek? +Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom? +Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep? +Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie. +Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop? +Dit is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagitge ontvang. +As sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie. +Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie. +As hy sy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder - +hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer. +Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak. +Ryk gaan hy lê, maar doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en - is nie meer nie. +Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg. +Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek. +En God werp hon af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug. +Hulle slaan oor hom hul hande saam en fluit hom weg uit sy plek.