diff --git a/1/47 b/1/47 new file mode 100644 index 0000000..76dddc8 --- /dev/null +++ b/1/47 @@ -0,0 +1,6 @@ +Daarop het Josef gekom en aan Farao vertel en gesê: My vader en my broers en hulle kleinvee en beeste en alles wat hulle besit, het gekom uit die land Kanaän, en daar is hulle nou in die land Gosen. +En hy het uit die getal van sy broers vyf man saamgeneem en hulle aan Farao voorgestel. +Toe vra Farao vir sy broers: Wat is julle nering? En hulle antwoord Farao: U dienaars is herders van kleinvee, ons sowel as ons vaders. +Verder sê hulle vir Farao: Ons het gekom om as vreemdelinge in die land te vertoef, want daar is geen weiding vir die kleinvee van u dienaars nie, omdat die hongersnood in die land Kanaän swaar is. Laat u dienaars dan nou tog in die land Gosen woon. +Daarop het Farao met Josef gespreek en gesê: Jou vader en jou broers het na jou gekom. +Egipteland lê voor jou oop; laat jou vader en jou broers in die beste deel van die land woon; hulle kan in die land Gosen woon. En as jy weet dat daar onder hulle bekwame manne is, stel julle dan aan as vee-opsigters oor my eiendom.