From 5ef292937e447a41fbcd5ad896754fd22add452f Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Hannah van der Merwe Date: Thu, 6 Jul 2023 22:47:51 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Genesis 46:31-34 --- 1/46 | 4 ++++ 1 file changed, 4 insertions(+) diff --git a/1/46 b/1/46 index e58d821..4482668 100644 --- a/1/46 +++ b/1/46 @@ -28,3 +28,7 @@ En die seuns van Josef wat vir hom in Egipte gebore is, was twee siele. Al die s En hy het Juda voor hom uit gestuur na Josef, dat dié voor hom uit die pad moes wys na Gosen; en hulle het in die land Gosen aangekom. Toe span Josef sy rytuig in en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween. En Israel sê vir Josef: Nou kan ek sterwe nadat ek jou aangesig gesien het, dat jy nog leef! +Daarna het Josef met sy broers en die huis van sy vader gespreek: Ek sal optrek en aan Farao vertel en vir hom sê: My broers en die huis van my vader, wat in die land Kanaän was, het na my gekom. +En die manne is herders van kleinvee - want hulle was veeboere - en hulle het hul kleinvee en hul beeste en alles wat hulle besit, saamgebring. +En as Farao julle laat roep en vra: Wat is julle nering? +dan moet julle antwoord: U dienaars was veeboere van ons jeug af tot nou toe, ons sowel as ons vaders - sodat julle in die land Gosen kan woon. Want elke herder van kleinvee is vir die Egiptenaars ʼn gruwel.