diff --git a/18/16 b/18/16 new file mode 100644 index 0000000..da5eab2 --- /dev/null +++ b/18/16 @@ -0,0 +1,22 @@ +Maar Job het geantwoord en gesê: +Dergleke dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal. +Kom daar nou ʼn end aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord? +Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud; +ek sou julle kon versterk met ny mόnd, en die troos van my lippe sou versagting aanbring! +As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou - wat gaan daar van my af weg? +Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes. +En U het my gegryp - ʼn getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my. +Sy toorn het verskeur en my as vyhand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan. +Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; as een man versamel hulle teen my. +God gee my oor aan slegte mense en verp my in die hande van die goddelose. +Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verontrus en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel. +Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit. +Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos ʼn held. +ʼn Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek. +My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar ʼn doodskaduwee +alhoewel daar geen gewelddaad is in my hande nie en my gebed rein is. +o Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie. +Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig is in die hoogtes. +My vriende spot met my; uit my oog drup trane na God toe! +dat Hy kan pleit vir ʼn man by God as Menseseun vir sy naaste. +Want maar min jare kom - dan bewandel ek ʼn pad waarlangs ek nie terugkeer nie.