diff --git a/18/30 b/18/30 index e69de29..c597eec 100644 --- a/18/30 +++ b/18/30 @@ -0,0 +1,31 @@ +En nόu lag julle wat jonger is as ek, my uit - mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit. +Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan. +Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid, woestheid en verwoesting; +hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood. +Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor 'n dief. +In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse. +Tussen die bossies skreeu hulle, onder die brandnekels kruip hulle bymekaar - +dwase, ja, eerlose mense wat met 'n sweep uit die land geslaan word. +En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat. +Hulle het 'n afsku van my, staan op 'n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie. +Want hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet. +Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op. +My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self 'n helper het. +Soos deur 'n ye bres kom hulle; onder die puinhope kom hulle aanrol. +Verskrikkinge is teen my gerig; dit vervolg ny hoogheid soos die wind, en soos 'n wolk gaan my geluk verby. +Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas. +Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie. +Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok span dit om my. +Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword. +Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan. +U is jeens my verander in 'n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyhand. +U hef op my die wind, laat my daarop ry; en U laat my waggel in stormgedruis. +Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis van samekoms vir al wat lewe. +Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie? +Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie? +Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom. +My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom. +Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp. +Ek het 'n broer geword vir die jakkalse en 'n vriend vir die volstruise. +My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte. +So het dan my siter 'n rouklag geword en my fluit 'n stem van die wat ween.