From 6d29d91e6f6289c45b3512113cb8d27c5f3ebede Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Sep 2021 17:36:01 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 13 --- 18/13 | 28 ++++++++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 28 insertions(+) create mode 100644 18/13 diff --git a/18/13 b/18/13 new file mode 100644 index 0000000..46d0ab7 --- /dev/null +++ b/18/13 @@ -0,0 +1,28 @@ +Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk. +Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie. +Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek wil pleit teenoor God. +Maar julle is uitstrooiers van leuns, kwaksalwers is julle almal. +Ag, as julle maar heeltemal wou swyg - dan sou dit vir julle wysheid wees! +Hoor tog na my verantwoordig en luister na die aanvalle van my lippe. +Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor? +Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit? +Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos ʼn mens bedrieg word? +Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is. +Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie? +Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei. +Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil. +Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand? +Kyk, al wil Hy my doodmaak - ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit. +Ook is dit tot my heil dat ʼn goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie. +Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring. +Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék onskuldig is. +Wie durf dan my bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe. +Moet my net twee dinge nie aandoen nie; dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie: +trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie. +Klaag dan maar aan, en ék sal aantwoot; of ek sal spreek, en U gee my aantwoot . +Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my oortreding en sonde bekend. +Waarom verberg U u aangesig en hou my vir ʼn vyand van U? +Wil U ʼn verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg? +dat U bitter dinge oor my beskik en die ongeregtighede van my jeug my laat erwe, +en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak. U trek vir U ʼn streep om die sole van my voete; +en dit iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos ʼn kleet wat die mot verteer.