From 6d5578b4ab15ec296e7352b1b514503dc9a872f4 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Eunice van der Merwe Date: Sat, 25 Sep 2021 17:00:43 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Exodus 1 --- 2/1 | 22 ++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 22 insertions(+) create mode 100644 2/1 diff --git a/2/1 b/2/1 new file mode 100644 index 0000000..26f5c0d --- /dev/null +++ b/2/1 @@ -0,0 +1,22 @@ +En dit is die name van die seuns van Israel wat in Egipte gekom het; saam met Jakob het hulle gekom, elkeen met sy huisgesin: +Ruben, Símeon, Levi en Juda; +Issakar, Sébulon, en Benjamin; +Dan en Náftali, Gad en Aser. +En al die siele wat uit Jakob se lende voortgekom het, was seventig siele. Maar Josef was in Egipte. +En Josef het gesterwe en al sy broers en daardie hele geslag. +Maar die kinders van Israel was vrugbaar en het baie geword, en hulle het vermeerder en buitegewoon magtig geword, sodat die land vol was van hulle. +Toe staan daar 'n nuwe koning oor Egipte op wat niks van Josef geweet het nie. +Dié het vir sy volk gesê: Kyk, die volk van die kinders van Israel is meer en magtiger as ons. +Kom, laat ons 'n slim plan teen hulle maak, sodat hulle nie kan vermeerder; en as daar oorlog voorkom, hulle nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie. +Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk.En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou. +Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer hulle vermenigvuldig en uitbrei sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel. +Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien +en hulle lewe bitter gemaak deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerande werk in die landerye-al die werk wat hulle met hardheid laat verrig het. +En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue-die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua-gespreek +en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by 'n geboorte help, dan moet julle na die geboortestoel kyk: as dit 'n seun is, maak him dood; maar as dit 'n dogter is, laat haar lewe. +Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte vir hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe. +Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntijies laat lewe? +En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk-voordat die vroedvroue by hulle kom, het hulle al gebaar. +Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword. +En omdat die vroedvroue God gevrees het, het hy aan hulle huisgesinne geskenk. +Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die suens wat gebore word moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe.