From 83f81304d9d896da7c41bf38c1373f46366ee79a Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Wed, 17 Nov 2021 16:38:07 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 37:1-13 --- 18/37 | 13 +++++++++++++ 1 file changed, 13 insertions(+) diff --git a/18/37 b/18/37 index e69de29..a27922a 100644 --- a/18/37 +++ b/18/37 @@ -0,0 +1,13 @@ +Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek. +Luister, luiser na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan. +Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde. +Daarna brul 'n stem: Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie. +God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is. +Want Hy sê vir die sneeu: Val op die aarde! ook vir die reënbui, ja sy geweldige reënbuie. +Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het. +Dan gaan wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke. +Uit die kamer kom die stormwind, en deur wolkverstrooiers koue. +Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte. +Ja, met volheid van waters belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk; +en dit draai in die rondte volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond. +Of tot 'n tugroede, of tot nut van sy aarde, of tot weldadigheid laat Hy dit tref.