diff --git a/40/10 b/40/10 new file mode 100644 index 0000000..0508fc3 --- /dev/null +++ b/40/10 @@ -0,0 +1,14 @@ +En Hy het sy twaalf disiepels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uitte dryf en om elke siekte en elk kwaal te genees. +En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer; +Filippus en Bartholoéüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs; +Simon Kananítes en Judas Iskariot die een wat Hom verraai het. +Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in ʼn stad van Samaritane nie; +maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel. +En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom. +Maak siekes gesond, reinig melaatse, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet gekry, gee dit verniet. +Moenie vir julle goud of silwer of koper in julle beurse aanskaf nie- +geen knapsak vir die pad of twee kledingstukke of skoene of ʼn stok nie; want die arbeider is sy voedsel werd. +En in watter stad of dorp julle ook al mag ingaan, ondersoek wie daarin waardig is, en bly dáár totdat julle vertrek. +En as julle die huis ingaan, groet dit; +en as die huis waardig is, laat julle vrede deerop kom maar as dit nie waardig is nie, laat julle vrede na julle terugkeer. +En as iemand julle nie ontvang nie en na julle woorde nie luister nie, gaan uit daardie huis of daardie stad uit en skud die stof van julle voete af.