From 969332d30173f225e1309ddd8f945d8d66601242 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Tue, 30 Nov 2021 16:47:27 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 41:1-25 --- 18/41 | 25 +++++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 25 insertions(+) diff --git a/18/41 b/18/41 index e69de29..2b0d087 100644 --- a/18/41 +++ b/18/41 @@ -0,0 +1,25 @@ +Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor my aangesig sou standhou? +Wie het erste aaan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne. +Ek wil nie swyg oor sy lede nie, en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie. +Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbel gebit - wie kan daarin deurdring? +Die deur van sy gesig - wie het dit oopgemaak? Rondom sy tande is verskrikking. +'n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseëld met 'n vaste seël. +Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie. +Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar. +Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad. +Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit. +Uit sy neusgate kom rook, soos uit 'n kokende pot met biesiesvuur daarby. +Sy asem laat kole ontvlam, en 'n vlam gaan uit sy mond. +In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis. +Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik. +Sy hart is hard soos 'n klip, ja hard soos die onderste meulsteen. +As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself. +Raak iemand hom met die swaard - dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie. +Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het. +Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels. +Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gedril van die lans. +Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei 'n ware dorsslee uit op die modder. +Hy laat die diepte kook soos 'n pot; die waterplas maak hy soos 'n kokende salfpot. +Agter hom verlig hy die pad: 'n mens sou die watervleod aansien vir grys hare. +Sy gelyke is daar or aarde nie, die skepsel sonder vrees. +Hy kyk alles wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.