diff --git a/18/26 b/18/26 index e69de29..8f06214 100644 --- a/18/26 +++ b/18/26 @@ -0,0 +1,14 @@ +Maar Job het geantwoord en gesê: +Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp! +Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak! +Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan? +Die skimme is beangs onder die waters en die bewoners daarvan. +Nakend lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie - +voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks; +wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur; +wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei. +Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig. +Die pilare van die hemel wankel en staan verstomd weens sy dreiging. +Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab. +Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor. +Kyk, dit is maar die omtrekke van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan