From 9a336a3d82c6b7859a937069a3ccecb7a2729fa1 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Sep 2021 17:46:27 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 21 --- 18/21 | 34 ++++++++++++++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 34 insertions(+) create mode 100644 18/21 diff --git a/18/21 b/18/21 new file mode 100644 index 0000000..6a77f68 --- /dev/null +++ b/18/21 @@ -0,0 +1,34 @@ +Maar Job het geantwoord en gesê: +Luister goed naa my rede, en laat dit julle vertroostinge wees. +Verdraag my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot. +Wat my aangaan, geld my geklaag dan ʼn mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie? +Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond. +Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan. +Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag? +Hulle nakomelinge bestaan voor hulle, in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë. +Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roeder van God is op hulle nie. +Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie. +Hulle laat hul jong seuns loop soos ʼn trop kleinvee, en hul kinders spring rond. +Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit. +In voorspoed slyt hulle hul dae, en in ʼn oomblik sink hulle in die doderyk af. +Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie. +Wat is die Almagtige dat ons hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring? +(Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie: die gesindheid van die goddelose is ver van my!) +Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood, en oorval hul ondergang hulle - deel Hy die lotgevalle uit in sy toorn? +word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormvind wegvoer? +Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Maar hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel! +Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmighied van die Almagtige. +Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is? +Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel? +Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede. +Sy emmers is vol melk, en die murg van sy bene word deur en deur bevogtig. +Die ander daarenteen strewe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het. +Saam lê hulle in die stof, e die wurms oordek hulle. +Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teem my optree. +As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose? +het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!): +dat die kwaaddoener gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid. +Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel - wie sal hom dit vergeld? +Dan word hy na di graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel. +Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het. +Hoe troos julle my dan op so ʼn nietige manier? En julle antwoorde - net troubreuk bly oor!