From 9e299b341afc5275813df2247fc1e00c6d9a746e Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Tue, 9 Nov 2021 12:13:00 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 34:1-18 --- 18/34 | 18 ++++++++++++++++++ 1 file changed, 18 insertions(+) diff --git a/18/34 b/18/34 index e69de29..f40e4e7 100644 --- a/18/34 +++ b/18/34 @@ -0,0 +1,18 @@ +Verder het Elíhu aangehef en gesê: +Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het! +Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spyse proe. +Laat ons vir onsself uitkies wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is. +Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my reg ontneem. +Ondanks my reg moet ek lieg; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding! +Waar is 'n man soos Job wat godslastering drink soos water? +Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense? +Want hy het gesê: Dit baat 'n man niks dat hy 'n welgevalle aan God het nie. +Daarom manne van verstand luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg! +Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens 'n man se wandel laat Hy hom ondervind. +Ja waarlik, God handel nie goddeloos nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie. +Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond? +As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek, +dan so alle vlees tesame die asem uitblaas, en die mens sou tot stof terugkeer. +As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde. +Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel? +Durf iemand vir 'n koning sê: Jou deugniet! vir die edeles: Jou goddelose!