From a2ad6cc6d714db0fb325f45116ecf5b0f1540577 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Hannah van der Merwe Date: Tue, 12 Jul 2022 10:24:39 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Genesis 30:1-21 --- 1/30 | 21 +++++++++++++++++++++ 1 file changed, 21 insertions(+) create mode 100644 1/30 diff --git a/1/30 b/1/30 new file mode 100644 index 0000000..632374d --- /dev/null +++ b/1/30 @@ -0,0 +1,21 @@ +En toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baarnie, het Ragel haar suster beny an vir Jakob gesê: Gee vir my kinders of anders sterf ek. +Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek in die plek van God wat die vrug van die skoot aan jou onthou het? +En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by haar in, dat sy op my knieë kan baar, en ek ook uit haar gebou kan word. +Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha as vrou gegee. en Jakob het by haar ingegaan. +En Bilha het swanger geword en vir Jakob 'n seun gebaar. +Toe sê Ragel: God het my aan my reg verskaf en my ook verhoor en my 'n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem. +En Bilha, die slavin van Ragal, het weer bevrug geword en vir Jakob 'n tweede seun gebaar. +Toe sê Ragel: Ek het worstelinge van God met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom Náftali genoem. +En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou. +En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob 'n seun gebaar. +Toe sê Lea: Gelukkig! En sy het hom Gad genoem. +Daarna het Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob 'n tweede seun gebaar. +Toe sê Lea: Ek, gelukkige! Want die dogters sal my prys. En sy het hom Aser genoem. +En Ruben het in die dae van die koringoes gegaan en in die veld liefdesappels gekry en dit na sy moeder Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se lifdesappels. +Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem nie? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap. +Toe Jakob dan die aanduit die veld kom, geen Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na mý kom, want ek het jou eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het dié nag by haar geslaap. +En God het verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob 'n vyfde seun gebaar. +Toe sê Lea: God het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Issaskar genoem. +En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob 'n sesde seun gebaar. +Toe sê Lea: God het 'n mooi geskenk aan my gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar. En sy het hom Sébulon genoem. +En daarna het sy 'n dogter gebaar en haar Dina genoem.