diff --git a/18/33 b/18/33 index e69de29..9981480 100644 --- a/18/33 +++ b/18/33 @@ -0,0 +1,13 @@ +Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde. +Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte. +My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit. +Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewendig. +As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed! +Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp. +Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie. +Sekerlik, u het voor my ore gesĂȘ, en ek het die geluid van die woorde gehoor: +Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie. +Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyhandskap teen my; Hy hou vir my 'n vyhand van Hom. +Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie. - +Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as 'n mens. +Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie?