diff --git a/19/35 b/19/35 new file mode 100644 index 0000000..3064ac7 --- /dev/null +++ b/19/35 @@ -0,0 +1,28 @@ +ʼn Pslam van David. HERE, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry! +Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp! +En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Sê vir my siel: Ek is jou heil! +Laat hulle beskaamd staan en in die skande kom wat my lewe soek; laat hulle agteruitwyk en rooi van skaamte word wat my ongeluk beraam! +Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die HERE hulle wegstoot. +Laat hulle weg duister en glipperig wees, tewyl die Engel van die HERE hulle vervolg! +Want Hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe. +Laat vervoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom darin val met verwoesting! +Maar my siel sal juig in die HERE, dit sal bly wees in sy heil. +Al my bene sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja die ellendige en behoeftiges van sy berower! +Boosaardige getuie staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my. +Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel. +En ek - toe hulle siek was, het ek ʼn roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem. +Ek het rondgegaan asof dit ʼn vriend, asof dit ʼn broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur. +Maar as ek stuikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle belaster sonder ophou. +Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my. +Here, hoelank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af. +Ek sal U loof in ʼn vergadering; onder ʼn groot skare sal ek U prys. +Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyhande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knik nie! +Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land. +En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien! +HERE, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie! +Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak. +Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie! +Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie! +Laat hulle beskaamd staan en saam rooi van skaamte word, hulle wat bly is oor my ongeluk; laat hulle met skaamte en skande beklee word wat hul teen my groot maak. +Laat húlle jubel en bly wees wat ʼn behae het in sy geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat ʼn welbehae het in die vrede van sy kneg! +En my tog sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.