Voeg by Job 36:1-15

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-11-16 15:43:16 +02:00 committed by Gitea
parent 7287a3ebf3
commit aabfac233c
1 changed files with 15 additions and 0 deletions

15
18/36
View File

@ -0,0 +1,15 @@
En Elíhu het voortgegaan en gesê:
Wag 'n bietjie op my, en ek sal u inlig; want daar is nog genoeg te sê tot die eer van God.
Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.
Want waarlik, my woorde is geen leuens nie; een wat volkome is in kennis, is by u.
Kyk, God is geweldig, nogtans ag Hy niks gering nie - geweldig deur krag van verstand.
Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.
Hy trek sy oë nie af van die regverdige nie, maar by konings op die troon laat Hy hulle sit vir altyd, sodat hulle verhoog is.
Maar as hulle in ketting geklink is, gevang word in bande van ellende,
dan gee Hy aan hulle hul dade te kenne en hul oortredinge, dat hul gedrag hoogmoedig was;
dan open Hy hulle oor vir die tugtiging en sê dat hulle moet terugkeer van ongeregtigheid.
As hulle luister en Hom dien, dan bring hulle hul dade deur in voorspoet en hul jare in aangenaamheid.
Maar as hulle nie luister nie, dan kom hulle om deur die spies, en hulle blaas die asem uit sonder kennis.
Maar die goddelose van hart koester nyd; hulle roep nie om hulp as Hy hulle bind nie.
So sterwe dan hulle siel in die jeug en hulle lewe soos dié van skandseuns.
Hy red die ellendige deur sy ellende en open hulle oor deur verdrukking.