Voeg by Genesis 4

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2021-09-25 17:18:01 +02:00
parent 2049d0fa8b
commit b5638bcae2
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: D5D36799CFACB2D7
1 changed files with 26 additions and 0 deletions

26
1/4 Normal file
View File

@ -0,0 +1,26 @@
En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE.
Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar. En Abel was 'n skaapherder, en Kain 'n landbouer.
En ná verloop van tyd het Kain van die vrugte van die land aan die HERE 'n offer gebring.
En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,
maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.
En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?
Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie - die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jý moet daaroor heers.
En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.
Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?
En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.
Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.
As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde.
Daarop sê Kain vir die HERE: My skuld is te groot om vergewe te word.
Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: 'n swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.
Maar die HERE sê vir hom: Daarom sal, as enigeen Kain doodslan, dit sewevoudig sal gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie moet doodslaan nie.
Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, an hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.
En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy 'n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.
En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Mehújael; en Mehújael was die vader van Metúsael; en Metúsael die vader van Lameg.
En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die twede Silla.
En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere.
Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel.
En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, 'n smid wat allerhande koper- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Naéma.
En Lameg het vir sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek slaan 'n man dood wat my wond, en 'n seun wat my kwes.
Want Kain sal sewemaal gewreek word, maar Lameg sewen-en-sewentigmaal.
En Adam het sy vrou weer beken, en sy het 'n seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my 'n ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.
En ook vir Set is 'n seun gebore wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.