From bfd4382f1c0b3f8beeb187463e505dcfdfe5a6d2 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Thu, 28 Jul 2022 16:32:16 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 17:1-15 --- 19/17 | 15 +++++++++++++++ 1 file changed, 15 insertions(+) create mode 100644 19/17 diff --git a/19/17 b/19/17 new file mode 100644 index 0000000..3557205 --- /dev/null +++ b/19/17 @@ -0,0 +1,15 @@ +'n Gebed van Dawid. HERE, hoor 'n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe. +Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien. +U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie. +Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woorde van u lippe vermy die paaie van die geweldenaar. +My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie. +Ék roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord! +Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders! +Bewaar my soos 'n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels +teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring. +Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig. +Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om ons op die grond uit te strek. +Hy is soos 'n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos 'n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê. +Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard; +met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarmee versadig word, wat weer hul oorskot vir hulle kinders laat agterbly. +Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.