Voeg by Job 8

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2021-09-25 17:29:28 +02:00
parent 841beb6981
commit c7747a3211
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: 5654A3E2F00758B8
1 changed files with 22 additions and 0 deletions

22
18/8 Normal file
View File

@ -0,0 +1,22 @@
Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:
Hoelank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond ʼn geweldige wind wees?
Sou God die reg verdraai, of die Almgtige die geregtigheid krenk?
As jou kinders teen hom gesondig het, dan het hy hulle aan hul oortreding oorgegee.
As jý na God soek en die Almagtige om genade smeek;
as jy rien en opreg is, ja dan sal hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid.
dan sal jou begin gering wees, maar jou endie baie grood.
Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het;
(want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae ʼn skaduwee op die aarde is;)
sal húlle jou nir leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie?
Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water?
Nog is dit sy volle groei - sonder dat dit afgepluk word - dan verdor dit voor al die ander gras.
So gaan dit met almal wat God vergeet en vergaan die vervagting van die goddelose;
sy hoop is veragtelik en die voorwerp van sy vertroue ʼn spinnerak.
Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stnd nie.-
Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin.
Sy wortels is gevleg oor ʼn hoop klippe heen - ʼn klip huis deurboor hy.-
As hy vernietig word uit sy plek, dan sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesein nie.
Kyk dit is die vreugte van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit!
Kyk, GOd verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie.
Terwyl hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig,
sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose - veg is dit!