diff --git a/18/14 b/18/14 new file mode 100644 index 0000000..f3f1121 --- /dev/null +++ b/18/14 @@ -0,0 +1,22 @@ +Die mens uit ʼn vrou gebore is kort van dae en sat van onrus. +Hy spruit uit soos ʼn blom en verwelk; ook vlug hy soos ʼn skaduwee en hou nie stand nie. +En oor so een maak U die oë oop, en U bring my voor U gerig. +Ag, kon maar ʼn reine voortkom uit ʼn onreine? Nie een nie. +As dan sy dae vasgestel is, die getal van sy maande by U is, U vir hom grense gestel het waar hy nie oor kan gaan nie, +Kyk dan weg van hom af, dat hy kan rus - totdat hy soos ʼn dagloner hom tevrede voel met sy dag. +Want vir ʼn boom is daar verwagting: as dit afgekap word, dan loop dit weer uit en sy loot ontbreek nie. +As sy wortel oud word in die aarde en sy stam stef in die stof - +van die reuk van die water spruit dit weer uit, en dit maak ʼn tak soos ʼn jong plantjie. +Maar ʼn man sterwe en is magteloos; ja ʼn mens blaas die asem uit en - waar is hy? +Die waters verdwyn uit die groot waterplas, en die river droog uit en lê droog - +so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie. +Ag, as U my maar in die doderyk wou wegsteek, my wou verberg totdat u toorn stel en dan aan my wou dink! +As ʼn mens sterwe, sal hy weer lewe? Dan sou ek hoop al die dae van my stryd totdat my aflossing kom; +U sou roep, en en ek sou U antwoord, na die maaksel van u hande sou U verlang. +Want nou tel U my voetstappe. Let U nie op my sonde nie? +My oortreding is verseël in ʼn bondeltjie, en U sluit my ongeregtigheid weg. +Maar soos ʼn berg stukkend val deurdat dit inmekaarstort, en ʼn rots versit wort uit sy plek; +die water klippe glad skuur; die stortvloede daarvan die grond van die aarde wegspoel; so is die verwagting van ʼn mens - U maak dit tot niet. +U oorweldig hom vir ewig, en hy gaan heen; U verander sy gelaat en skuur hom weg. +Sy kinders kom in eer, maar hy word dit nie gevaar nie; en hulle word gering, maar hy let nie op hulle nie. +Net sy vlees aan hom voel pyn, en sy siel in hom treur.