From cc760dce0e8518cb45eba3448568da0ce989f320 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Sep 2021 17:31:22 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 9 --- 18/9 | 35 +++++++++++++++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 35 insertions(+) create mode 100644 18/9 diff --git a/18/9 b/18/9 new file mode 100644 index 0000000..807dff4 --- /dev/null +++ b/18/9 @@ -0,0 +1,35 @@ +Maar Job het geantwoord en gesê: +Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan ʼn mens regverdig wees by God? +As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal Hom kan aantwoord nie. +Hy is wys wan hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly? +Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn; +wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril; +wat befel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter ʼn seël wegsluit; +wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see; +wat die Beer gemaak het, die Drie Konings en die Sewester en die Kamers van die Suide; +wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal. +Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk. +Sleep Hy weg - wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U? +God wend sy toorn nie af nie; onder Hom is die helpers van Rahab oorweldig. +Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom; +ek wat nie kan antwoort nie al was ek regvaardig: ek kan my regter net om genade smeek! +As ek dagvaar en Hy my antvoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal lyster nie. +Hy wat my deur ʼn stormwind sou vernieteg en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder; +my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou verstandig met bitterhede. +Kom dit aan op die krag van die sterkste - hier is Ek! En kom dit op die reg aan - wie kan My dagvaar? +Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek vroom, Hy sou my as ʼn verkeerde reken. +Vroom is ek! Ek gee niks om vir myself nie: ek verfoei my lewe! +Dit is net eenders - daarom se ek: Die vroome en die goddelose vernietig Hy. +As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfling van die onskuldiges. +Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesigte van sy regters bind Hy toe. Is hy dit nie, wie dan anders? +En my dae was gouer as ʼn hardlooper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien. +Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos ʼn arend wat neerskiet op sy prooi. +As ek sê: Ek wil my geklaag fergeet en my droewige gesig laat vaar en volik word, +dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie vryspreek nie. +Ek sal tog skuldig wees - waarom sal ek my dan tevergeefs afmat? +Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog, +dan sal U my in ʼn poel indompel, sodat my klere van my ʼn afsku kry. +Want Hy is nie ʼn man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoort, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie. +Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie. +Laat Hy sy roeder van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie: +dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom befrees is; want sό is dit met my nie gesteld nie.