From d67aacadc5ff3d552e86d3134e9b7e900437d7e4 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 25 Sep 2021 17:44:47 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Job 19 --- 18/19 | 29 +++++++++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 29 insertions(+) create mode 100644 18/19 diff --git a/18/19 b/18/19 new file mode 100644 index 0000000..49c8fcd --- /dev/null +++ b/18/19 @@ -0,0 +1,29 @@ +Maar Job het geantwoord en gesê: +Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel? +Nou tienmaal al doen julle my smaadhied aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam. +En het ek my ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my. +As julle werklik julle teen my groot maak en teen my my smaadhied wil bewys, +weet dan dat Gόd my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het. +As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie. +Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei. +My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem. +Hy werp my aan alle kante omver, en - daar gaan ek! en Hy het my verwagting uitgeruk soos ʼn boom. +Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as sy vyand. +As een man kom sy skare aan en baan ʼn pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent. +My broeders het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword. +My nabestandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet. +My huismense en my slavinne hou vir my ʼn vreemde; ʼn onbekende het ek geword in hulle oë. +Ek roep my slaaf, maar hy aantwoord nie; met my mond moet ek hom smeek. +My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot. +Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my. +Al my vertroude vriende het ʼn afsku van my; en die wat ek liefhet, het teen my gedraai. +My gebeente kleef aan my val en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ondsnap. +Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref! +Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie? +Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ʼn boek opgeteken word- +met ʼn ystergriffel en lood - vir altyd in ʼn rots ingekap! +Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan. +En nadat dit alles my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou; +Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë - en geen vreemde nie - sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste. +As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is!- +vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien; sodat julle kan weet dat daar ʼn oordeel is.