Voeg by Genesis 6

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2021-09-25 17:25:51 +02:00
parent 965e2aaa06
commit d88dc44750
No known key found for this signature in database
GPG Key ID: D5D36799CFACB2D7
1 changed files with 22 additions and 0 deletions

22
1/6 Normal file
View File

@ -0,0 +1,22 @@
Toe die mense op die aarde begin te vermeerder, en daar vir hulle dogters gebore is,
sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar.
In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, as die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan, en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die helde uit die ou tyd, die manne van naam.
Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was, en al die versinsels wat hy bedink in sy hart altyddeur net sleg was,
het dit die HERE berou dat Hy die mens op die aarde gemaak het, en daar was smart in sy hart.
En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel. Want die berou My dat Ek hulle gemaak het
Maar Noag het genade gevind in die oë van die HERE.
Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was 'n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het gewandel met God.
En Noag het drie seuns gehad: Sem, Gam en Jafet.
Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van Go, en die aarde was vol geweld.
Toe sien God die aarde aan en - dit was verdorwe, want alle vlees het sy wandel op die aarde verderwe.
En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het voor my aangesig gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.
Maak vir jou 'n ark van goferhout. Met afdelings moet jy die ark maak en dit binne en buite met pik bestryk.
Só moet jy dit maak: drie honderd el die lengte van die ark, vyftig el sy breedte en dertig el sy hoogte.
'n Opening moet jy aan die ark maak; en op die maat van 'n el moet jy dit aan die bokant afwerk en die deur van die ark aan die sykant insit. Jy moet dit met 'n onderste, twede en derde verdieping maak.
Want kyk, Ék bring 'n watervloed oor die aarde om onder die hemel te verdelg alle vlees waar 'n lewensgees in is. Al wat op die aarde is, sal wegsterwe.
Maar met jou sal Ek my verbond oprig; jy moet in die ark gaan, jy en jou seuns en jou vrou en die vroue van jou seuns saam met jou.
En van al wat lewe, van alle vlees, moet jy twee van elke soort in die ark laat ingaan om dit saam met jou in die lewe te hou: mannetjie en wyfie moet hulle wees.
Van die voëls volgens hulle soorte en van die vee volgens hulle soorte, van al die kruipende diere van die aarde volgens hulle soorte, twee van elke soort, moet na jou kom om in die lewe te bly.
En jy, neem vir jou van al die voedsel wat geëet word, en versamel dit by jou, dat dit vir jou en hulle as voedsel kan dien.
En Noag het dit gedoen. Net soos God hom beveel het, so het hy gedoen.