From e876994909dfe6b17a8b268703a5abe73a01ebbc Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Eunice van der Merwe Date: Sat, 16 Jul 2022 11:39:15 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Leviticus 15:1-23 --- 3/15 | 23 +++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 23 insertions(+) create mode 100644 3/15 diff --git a/3/15 b/3/15 new file mode 100644 index 0000000..8783e01 --- /dev/null +++ b/3/15 @@ -0,0 +1,23 @@ +Verder het die HERE met Moses en Aäron gespreek en gesê: +Spreek met die kinders van Israel en sê: As enige man 'n vloeiing uit sy vlees het, dan is dié vog onrein. +En dit sal sy onreinheid deur die vloeiing wees: As sy vlees die vog laat loop of sy vlees verstop raak-dit is 'n onrenheid in hom. +Elke bed waarop hý lê wat die vloeiing het, sal onrein wees; en alles waarop hy sit, sal onrein wees. +En elkeen wat aan sy bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aan toe onrein; +en die een wat gaan sit op die voorwerp waar hy op sit wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein; +en die een wat aan die liggaan raak van hom wat die vloeiing het, moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein. +En as hy wat die vloeiing het op 'n reine spuug, dan moet dié een sy klere was en 'n bad neem, en dié een bly tot die aand toe onrein. +En elke saal waar hý op ry wat die vloeiing het, sal onrein wees. +En elkeen wat aan iets raak wat onder hόm was, sal onrein wees tot die aand toe. En die een wat dit dra, moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein. +En elkeen aan wie hý raak wat die vloeiing het, sonder dat hy eers sy hande in die water afgespoel het, dié een moet sy klere was en 'n bad neem, en dié een bly tot die aand toe onrein. +Ook die erdegoed waar hý aan raak wat die vloeiing het, moet stukkend gebreek word; maar al die voorwerpe van hout moet in die water afgespoel word. +En as hy wat die vloeiing het, van sy vloeiing rein word, dan moet hy sewe dae tel ná sy reiniging en sy klere was en sy liggaam in vars water bad; dan sal hy rein wees. +En op die agste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE kom, by die ingang van die tent van samekoms, en dit aan die priester gee; +en die priester moet dit klaarmaak, die een sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die HERE +En as daar van 'n man 'n saadvloeiing uitgaan, moet hy sy hele liggaam in die water bad, en hy sal tot die aand toe onrein wees. +Ook elke kledingstuk en elke vel waar die saadvloeiing op kom, moet in die water gewas word en bly tot die aand toe onrein. +En wat die vorou aangaan met wie 'n man vleeslike gemeenskap het-altwee moet 'n bad neem en sal tot die aand toe onrein wees. +En as 'n vrou 'n vloeiing het, en die vloeiing in haar vlees bloed is, dan moet sy sewe dae lank in haar onreinheid wees; en elkeen wat aan haar raak, sal tot die aand toe onrein wees. +En alles waar sy in haar onreinheid op lê, sal onrein wees; en alles waar sy op sit, sal onrein wees. +En elkeen wat aan haar bed raak, moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein. +En elkeen wat raak aan enige voorwerp waar sy op sit, moet sy klere was en 'n bad neem en bly tot die aand toe onrein; +en as dit op die bed is of op die voorwerp waar sy op sit, as hy dit aanraak, sal hy tot die aand toe onrein wees.