diff --git a/18/35 b/18/35 index e69de29..364597e 100644 --- a/18/35 +++ b/18/35 @@ -0,0 +1,16 @@ +Verder het Elíhu aangehef en gesê: +Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God, - +dat u vra wat dit u baat: Wat help dit my meer as wat ek sou sondig? +Ék sal u aantwoord gee en u vriende saam met u. +Kyk op na die hemel en sien, en aanskou die wolke wat hoog bo u is. +As u sondig, watterskade is dit vir Hom? En is u oortredinge baie, wat kan u Hom aandoen? +As u regverdig is, wat gee u aan Hom? Of wat sal Hy uit u hand aanneem? +Vir 'n man soos u geld u goddeloosheid, en vir 'n mensekind u geregtigheid. +Vanweë die menigte van verdrukkinge skreeu hulle; hulle roep om hulp oor die arm van die grotes. +Maar niemand sê: Waar is God, my Maker nie, wat lofsange gee in die nag, +wat ons meer leer as aan die diere van die aarde en ons wyser maak as die voëls van die hemel. +Dan roep hulle - maar Hy antwoord nie - vanweë die trotsheid van die kwaaddoeners. +Sekerlik, na nietige klagtes luister God nie, en die Almagtige slaan daar geen ag op nie. +Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie. Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom. +Maar nou, omdat sy toorn nie straf nie, en Hy nie grootliks ag gee op oormoed nie, +maak Job sy mond wyd oop in nietige gepraat, vermenigvuldig hy woorde sonder kennis.