diff --git a/18/5 b/18/5 new file mode 100644 index 0000000..25795e6 --- /dev/null +++ b/18/5 @@ -0,0 +1,27 @@ +Roep maar - is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heliges sal jy gaan? +Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en nayver maak die domme dood. +Ek self het gesien hoe ʼn dwaas wortel skiet; maar skielik moes ek sy woning vervloek. +Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red. +Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en die haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom. +Want verdriet kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie. +Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vleig. +Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê +aan Hom wat groot dinge doen ondeurgrondelike, wonders sonder getal; +wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;- +om nederiges op ʼn hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk. +Hy wat die planne van ligste mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie. +Wat die wyse vang hulle in listigheid en die raad van slinkse mense misluk van haastighied. +Oor dag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond in die middag. +So velos Hy dan die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man. +So is daar dan verwagting vir die arme; en die ongeregtighied hou sy mond toe. +Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom nie die tugtiging van die Almagtige nie. +Want Hý doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond. +In ses benoudhede sal Hy jou red, ja in sewe sal geen onheil jou tref nie. +In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard. +As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie. +Oor verwoeseing en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde behouf jy nie te vrees nie. +Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend. +En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk sal jy niks vermis nie. +Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde. +Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos ʼn koringgerf opgebring word op sy tyd. +Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit: hoor dit, en neem jy dit ter harte.