Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid. Red, o HERE, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders. Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubblelhartig. Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tog wat grootpraat, hulle wat sê: Met ons tong is ons stek; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons? Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou ontspan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.